Oor Triomf Kliniek

Triomf Kliniek is ’n mediese diensprogram – wat in die vorm van ’n kliniek in die weste van Pretoria gestalte gekry het. Triomf Kliniek het sy deure op 23 Julie 2014 geopen.

Die kliniek is die resultaat van ’n groep medici se samevloei van idees rakende die kritiese tekortkominge in gesondheidsorg vir die minderbevoorregte inwoners van Pretoria-Wes.

Hulle Doel

Aangesien ’n uitgebreide reeks spesialisdienste reeds beskikbaar is, en ook verder  vergroot gaan word, is die kliniek in ’n posisie om behoeftiges van alle areas by te staan – mits die korrekte verwysingsprotokol gevolg is.

Die doel is om bestaande infrastruktuur uit te brei wat as platform dien vir mediese praktisyns om mediese dienste gratis aan hulpbehoewendes te lewer.

docktor
Hoof Fokus

Die hooffokus van die kliniek se dienste is kinders en bejaardes, maar die visie is om ‘n omvattende maatskaplike- en gemeenskapsdiens te lewer wat mediese en verwante dienste aan behoeftige pasiënte verskaf.

Contact Details:

Adres: Vom Hagen Straat 472
Pretoria-Wes

Kliniek tye: Maandae tot Vrydae
08:00 tot 17:00

Kontak066 283 1788 / info@triomf.org.za


    This site is protected by reCAPTCHA and the Google
    Privacy Policy and
    Terms of Service apply.


      This site is protected by reCAPTCHA and the Google
      Privacy Policy and
      Terms of Service apply.

      Aquafer Foundation Trust is a non-profit organization who primarily support the community.

      MENU
      CONTACT

      457 Lea Street,

      Waterkloof Glen,

      0181

      Website Designed by Networds Agency @ Copyright 2023